Testimonials

Van tyd tot tyd pla hierdie mense met hulle telefoniese bemarking ons baie.

Hulle werk vir jou ‘n premie sommer so per telefoon uit, en ek glo hulle sny tot op die been om dit aantreklik te maak.

sample

Ek wil net getuig dat Jothea se premies nog elke keer laer was as wat hulle kon aanbied.

Sê vir Herman en julle hele span daar, ek dink julle is fantasties. Dit is lekker om met julle besigheid te doen.

Daarby is julle altyd vriendelik en behulpsaam, en wanneer ek van tyd tot tyd inbel voel dit asof julle my persoonlik ken.

Terloops, ek het anderdag gesien hoeveel kamers en hoeveel leêrs julle het, dit voel spesiaal om tussen al daardie baie kliënte nogsteeds so vriendelik behandel te word.

Groete.

Chris Liebenberg